Sê meer met Threads – Instagram se teksgebaseerde gesprektoepassing.
Threads is waar gemeenskappe bymekaar kom om oor alles te gesels, van die onderwerpe wat vandag vir jou belangrik is tot dit wat môre die neiging sal wees. Waarin jy ook al geïnteresseerd is, jy kan jou gunstelingskeppers en ander wat jou belangstellings deel, volg en direk met hulle verbind – of kry jou eie lojale volgers en deel so idees, opinies en kreatiwiteit met die wêreld.
’n Paar dinge wat jy op Threads kan doen …
■ Meld aan met jou Instagram-rekening
Jou Instagram-gebruikernaam en -bevestigingskenteken is vir jou bespreek! Volg outomaties dieselfde rekeninge wat jy op Instagram volg met net ’n paar klikke, en ontdek ook nuwe rekeninge.
■ Deel jou opinie
Dit kan handel oor nuwe musiek, fliekpremiéres, sport, speletjies, TV-programme, modes, of die jongste produkvrystellings – trek weg met ’n nuwe stroom om jou opinie te deel of ’n gesprek te begin.
■ Sluit aan by die beste besprekings
Spring na die antwoorde om jou woord in te kry en reageer op opmerkings, humor en insigte van ander. Vind jou gemeenskap en verbind met mense wat ook omgee oor die dinge wat vir jou belangrik is.
■ Kry idees en inspirasie
Vanaf TV-aanbevelings tot loopbaanadvies – kry antwoorde op jou vrae of leer iets nuut by skaregesprekke, leidende denkers en bedryfskundiges.
■ Moet nooit ’n oomblik misloop nie
Bly ingelig oor die jongste neigings en regstreekse geleenthede met gesprekke en kennisgewings, wanneer jou gunstelingprofiele ook al nuwe strome begin.
■ Beheer die gesprek
Pasmaak jou instellings en gebruik kontroles om die geraas uit te skakel. Bestuur wie jou inhoud kan sien, op jou strome kan antwoord, of jou kan noem. Jou blokkering van rekeninge sal oordra vanaf Instagram, en ons dwing dieselfde Gemeenskapsriglyne af om te help verseker dat almal met veiligheid en egtheid kommunikeer.
■ Brei jou netwerk uit – binnekort beskikbaar
Maniere om meer inhoud te ontdek en groter gehore te bereik sal binnekort beskikbaar wees: met dié komende kenmerke sal jy gebruikers kan soek, hulle kan volg en interaksie met hulle kan hê op gedesentraliseerde toepassings en dienste.
Meta se bepalings https://www.facebook.com/terms.php
Threads se aanvullende bepalings https://help.instagram.com/769983657850450
Meta se privaatheidsbeleid https://privacycenter.instagram.com/policy
Threads se aanvullende privaatheidsbeleid https://help.instagram.com/515230437301944
Gemeenskapsriglyne vir Instagram https://help.instagram.com/477434105621119
Threads word deur Instagram verskaf. Ons sal jou Threads- en Instagram-inligting gebruik om jou ervaring reg oor Meta-produkte te verskaf, te personaliseer en te verbeter, insluitend advertensies, en om die veiligheid en integriteit van ons dienste te verbeter.