Nina is ’n gekondenseerde font met ’n soortgelyke ontwerp aan dié van die Verdana-font. Nina is ontwerp vir toestelle wat met die hand vasgehou word, om meer woorde per duim op die skerm in te pas. Die ontwerp is nie naby genoeg om dit Verdana Condensed te noem nie, maar die twee lettersoorte is baie na aan mekaar.
Die fonte is ontwerp vir Europese tale wat met Latynse, Griekse en Cyrilliese skrif geskryf word.
Dit sluit die volgende style in:
Nina
Nina Italic
Nina Bold
Nina Bold Italic