Skep visueel-treffende nuusbriewe, aanbiedings en dokumente binne minute.
-- Voeg maklik inhoud vanaf enige plek by --
Plaas maklik foto’s, video’s en ander multimedia – Sway werk saam met jou toestel, sosiale netwerke en die web.
-- Sien voorgestelde soekresultate gebaseer op jou inhoud --
Sway stel soektogte voor om jou te help om relevante beelde, video’s en ander inhoud te vind wat jy direk tot in jou skepping kan sleep en los. Jy hoef nie meer verskillende toepassings en webblaaie te gebruik om te vind wat jy wil hê nie.
-- Spaar kosbare tyd met moeitelose ontwerp --
Sway se ontwerp-enjin bring jou inhoud pragtig bymekaar; verander ’n paar goedjies hier en daar om die styl te kry waarvan jy hou.
-- Bekoor jou gehoor met jou aanlyn tekendoek --
Sway pas dinamies aan sodat dit wonderlik lyk op enige skerm en dit met ’n eenvoudige URL gedeel of op saamgewerk kan word.
-- Doen meer in Sway met Office 365 --
Voeg maklik lêers vanaf jou OneDrive-rekening by en verander inhoud in Word of OneNote in ’n dinamiese Sway in net ’n paar klikke.