Lumia Camera is die optimale kameratoepassing vir jou Lumia-toestel.
Lewende Beelde voeg beweging by om jou foto's in jou kamerarol en Lumia Storyteller lewe te gee. Enige foto's en video's wat jy in Lumia Cinemagraph en Lumia Refocus neem, sal ook as Lewende Beelde verskyn en speel soos jy deur hulle in die kamerarol blaai.
Jy kan outomodus gebruik wanneer jy eenvoudig wil mik en neem, of wissel na volle handbeheer om die perfekte komposisie te skep. Vir aksiefotografie, is slimreeks 'n wonderlike manier om vinnig te neem en 'n reeks foto's te kombineer.
Nuut in hierdie weergawe:
- Nuwe naam; Lumia Camera
- Foutherstellings
Nuut in 4.7.2.5 met Cyan:
- Ondersteuning vir Lewende Beelde
- Volgehoue outofokus vir vinniger fokus
- Omringklank in video-vaslegging
- Nuwe kamerarol met volledige resolusie-zoem en inlyn terugspeel van video's, filmgrafieke, slim reekse en Herfokus-beelde.
- Lumia Camera integreer met Lumia Creative Studio en Lumia Video Trimmer vir die redigering van jou foto's en video's
Lewende Beelde en volgehoue outofokus werk op 'n Lumia 930, 1520 of Icon wat die Lumia Cyan-sagtewarebywerking laat loop. Om die jongste sagtewarebywerking vir jou foon te kry, gaan na Instellings > Foonbywerking. Lumia Camera werk die beste op fone wat die Lumia Cyan-sagtewarebywerking laat loop, maar dit werk ook met beperkte funksionaliteit op fone met die Lumia Amber-bywerking of later. Jy kan ook meer oor die Lumia Cyan-sagtewarebywerking aanlyn by microsoft.com/mobile/lumia-update uitvind.
Eksklusief vir Lumia