Die Kamera-toepassing is vinniger en eenvoudiger as ooit vantevore. Mik en druk net om outomaties fantastiese foto's op enige rekenaar of tablet te neem wat Windows 10 laat loop.
• Wanneer jy ’n video opneem, kan jy pouseer en hervat net wanneer jy wil – die Kamera-toepassing kan dit alles outomaties in een video heg, sodat jy die vervelige dele kan oorslaan en net dit vaslê wat belangrik is.
• Gebruik die fototydhouer om jouself in die foto te kry.
• Gebruik die raampierooster om die perfekte foto saam te stel.
• Rugsteun jou foto's outomaties na OneDrive sodat jy van enige toestel af, jou foon inkluis, toegang daartoe kan kry.
En indien jou toestel se hardeware dit steun, kan jy:
• Tyd spaar deur ’n foto van ’n witbord te neem pleks van om alles neer te skryf – die kameraskoot maak die foto outomaties leesbaarder. *(1,2)
• Hou op om skandeerder toe te gaan. Neem net ’n foto van enige dokument – nuwe modusse verbeter die foto sodat dit leesbaar is. *(1,2)
• Lê met ’n panorama meer van die toneel vas. *(1,2)
• Neem egaliger videos, al bewe jou hande – te danke aan digitale videostabilisering. *(4)
• Lê met HDR (hoë dinamiese bestek) die volle omvang van kleur vas en kry meer besonderhede in sowel die skoot se helder as donker areas. *(4)
*1 Benodig agterste kamera
*2 Benodig kamera wat resolusie van 1 080 pieksels of meer steun
*3 Benodig kamera wat 4K-resolusie steun
*4 Beskikbaar op toestelle met ondersteunende hardeware