Microsoft Excel Mobile is die beste toepassing vir die hersien, bywerking en skep van sigblaaie op Windows-fone en -tablette (met 'n skermgrootte van 10,1 duim of kleiner). *Op 12 Januarie 2021 sal hierdie toepassing die einde van sy bystand bereik op fone wat Windows 10 Mobile gebruik. Kom meer te wete by https://aka.ms/OfficeWindows10MobileEOS.*
*** Om sigblaaie op rekenaars, skootrekenaars, groot tablette en met Continuum vir fone* te skep en te redigeer, word ’n Office 365-intekening benodig. Vir meer inligting, sien vereistes wat volg. ***
SIGBLAAIE OP PAD
• Sigblaaie lyk fantasties op jou foon en tablet: Formules, grafieke, tabelle en voorwaardelike formatering is alles daar.
• Gaan aan waar jy opgehou het: Excel onthou waar jy was, selfs al wissel jy tussen toestelle.
HERSIEN EN WERK ENIGE PLEK BY
• Kry jou lêers vanaf enige plek, te danke aan integrasie met OneDrive, SharePoint en Dropbox.
• Bring vinnig veranderinge aan met die aanraak van jou vinger. Trek kolomme en skuif werkblaaie. Tik om data by te voeg, grafieke te formateer, en groot sigblaaie te navigeer.
• Moet jou nie bekommer oor stoor nie. Wanneer jy op jou tablet of foon redigeer, stoor Excel jou werk sodat jy nie hoef nie.
• Deel sigblaaie met ’n paar tikke en nooi ander om dit te hersien.
• Vind vinnig die regte bevel. Tell Me neem jou na die kenmerk wat jy benodig.
SKEP MET VERTROUE
• Gebruik jou foon as ’n rekenaar om sigblaaie op ’n groot skerm te redigeer en te hersien.
• Gee jou projekte ’n hupstoot met tydbesparende sjablone.
• Voeg formules by met ’n skermsleutelbord waar algemene funksies ingebou is.
• Gebruik bekende, ryk formatering en uitlegopsies om uiting te gee aan jou idees.
• Sigbladformaat en -uitleg bly altyd ongeskonde en lyk fantasties – ongeag watter toestel jy gebruik.
• Verken data visueel met splinternuwe grafiektipes soos Boomkaart-, Sonstraal- en Watervalgrafieke.
VEREISTES
Hierdie weergawe van Excel is gebou vir fone en tablette (met ’n skermgrootte van 10.1 duim of kleiner). Op daardie toestelle kan jy Excel-sigblaaie gratis bekyk, skep en redigeer. Jy benodig ’n kwalifiserende Office 365-intekening om gevorderde kenmerke te gebruik. Kom meer te wete by www.office.com/information.
Op groter tablette, skootrekenaars en rekenaars kan jy sigblaaie gratis bekyk. ’n Kwalifiserende Office 365-intekening word benodig om sigblaaie te skep en te redigeer. Office 365 sluit ook die nuutste rekenaarweergawes van Word, Excel, PowerPoint, OneNote en Outlook in – aanbeveel vir gebruik op rekenaars en skootrekenaars. Jy kan in die toepassing registreer vir Office 365 en een maand gratis kry as jy vir die eerste keer registreer.
* Continuum vir fone is slegs beskikbaar op uitgesoekte Windows 10 premium-fone. ’n Continuum-versoenbare bykomstigheid word benodig, tesame met ’n eksterne monitor wat HDMI-toevoer steun.